|
Steak Met Tuinkruie En Mosterd
Algemeen
Bereidingstijd: 10-20 minuten
Maaltijdgang: Hoofdgerecht /
Soort keuken: Multi-culturele keuken
Techniek:
Aantal personen:
Ingredienten: Bestanddele:
2 steaks van 200 g elk
20 g botter
1 e sonneblomolie
sout
peper
2 e brandewyn
1 t mosterd
1+1/2 e Worcestersaus
1 e gesnipper groen tuinkruie (grasui, pietersielie, vars tiemmie)
Voorbereiding:
Bereidingswijze: Metode:
1. Geur die steaks met peper.
2. Bak die steaks op hoë hitte tot dit gaar is soos jy steaks lekker vind en maak dit verder op smaak met sout.
3. Haal steak uit die pan en hou dit warm in `n warm oond of sit dit in foelie. (hulle moet bietjie rus om die vleissappe goed te laat verdeel oor die steak)
4. Doen die brandewyn in die pan en flambeer dit.
5. Voeg nou die mosterd en Worcestersous daarbij en skraap die aanbaksels los in die pan.
6. Doen nou genoeg water by sodat daar `n sous wat bind ontstaan. (nie te dun sous nie)
7. Voeg die tuinkruie daarby en geur sous verder met sout en peper.
8. Dien die steaks op met die sous daaroor.
9. Garneer steaks met `n takkie pietersielie.
|
|
|